Dear Parent
10 % IMPROVEMENT EXCEEDED!!
We are overwhelmed with joy to congratulate our learners, teachers and parents! We have not just achieved, but have exceeded our aim to better with 10% in 2015! The results of the Systemic tests, done by the WCED, prove that we have not just improved by 10%, but by 12%!!
A hearty congratulations and a sincere thank you to everybody who continued to support the 10% Better Challenge, the Fluent Reading Project and theRemediating per class with great enthusiasm.
We are very excited to continue with the 10% Better Challenge in Home Language. We also want to set the same challenge for Mathematics by doing a Daily Mental Maths Projects at school and at home. We are convinced that this project will also be tackled with the same enthusiasm.
2014 RESULTS LANGUAGE 71% MATHS 77%
2015 RESULTS LANGUAGE 83% MATHS 79%
IMPORTANT DATES:
17 May 19:00 BDG – Build Destinatus Group
7 June 19:00 BDG – Build Destinatus Group
15 April Cake Sale Gr 5 Campus 2(Please remember to bring Cake Sale money and container).
15 April Cake Sale Gr 1 Campus 1(Please remember to bring Cake Sale money and container).
27 April * PUBLIC HOLIDAY – FREEDOM DAY
28 & 29 April SCHOOL IS OPEN (not closed as last year)
CAMPUS 1 – NETBALL
Campus 1 Netball: On Mondays and Wednesdays, from 13h30 – 14h15, the Grade 1 girls will practise at the back of the school (near the exit). The front entrance will be open during netball practice only, for parents to leave through the front entrance and not use the back exit at these times. We thank you for your co-operation in this regard.
COLLECT – A – CAN PROJECT
ONLY cooldrink and beer cans, in other words, cans containing drinking fluid, please. No cans containing food stuff.
STAFF
Congratulations to the following staff:
- Teacher Charné van der Westhuizen, Ansuné Rohland, Carla Saayman, Kreshenke Fourie. They will be receiving their degrees at a Graduating Ceremony on Thursday, 14 April.
- Teacher Kreshenke Fourie (Grade 6) will be celebrating her birthday on Monday 18 April. We trust that she will have a lovely day, filled with God’s grace, love and special blessings. Enjoy your birthday, Teacher Kreshenke.
Liewe Ouer
10 % DOELWIT OORSKRY!!
Ons is verheug om ons kinders, onderwysers en ouers van harte geluk te wens! Ons doelwit om gedurende 2015 met 10% te verbeter, is nie net bereik nie, maar oorskry! Die uitslag van die jaarlikse Sistemiese toetse deur die WKOD getoets, het bewys dat ons in Huistaal nie net met 10% nie, maar met 12% verbeter het.
Baie geluk en baie dankie aan almal wat deurgaans die 10% Beter Uitdaging, dieVlotlees Projek, en die Remediëring per Klas, heelhartig ondersteun het.
Ons is baie opgewonde om vanjaar met ons 10% Beter Uitdaging in Huistaal vol te hou en wil ook vanjaar met Daaglikse Hoofrekentoetse by die skool en tuis,dieselfde uitdaging vir Wiskunde stel. Ons is oortuig daarvan dat almal die uitdaging met groot entoesiasme gaan aanpak.
2014 UITSLAG TAAL 71% WISKUNDE 77%
2015 UITSLAG TAAL 83% WISKUNDE 79%
BELANGRIKE DATUMS:
17 Mei 19:00 BDG – Bou Destinatus Groep
7 Junie 19:00 BDG – Bou Destinatus Groep
15 April Koekverkoping Gr 5 Kampus 2 (Kinders moet geld en houers vir hul gekoopte
items saambring)
15 April Koekverkoping Gr 1 Kampus 1 (Kinders moet geld en houers vir hul gekoopte
items saambring)
27 April PUBLIEKE VAKANSIEDAG – VRYHEIDSDAG
28 &29 April SKOOL IS OOP (nie toe soos verlede jaar nie)
KAMPUS 1 – NETBAL
Kampus 1 Netbal: Maandae en Woensdae vanaf 13h30 – 14h15 oefen die Graad 1 dogters netbal agter die skool (by die uitgang). Ons gaan die voorste ingang slegs oophou gedurende die netbal oefentye, sodat ouers weer voor kan uitgaan. Ons versoek dat hulle nie die agterste uitgang in die tyd gebruik nie. Baie dankie vir jul samewerking in die verband.
COLLECT – A – CAN PROJEK
SLEGS koeldrank en drankblikkies, m.a.w. blikkies waarin drinkbare vloeistowwe was, geen kosblikkies nie asseblief.
PERSONEEL
Baie geluk aan die volgende personeellede:
- Juffrou Charné van der Westhuizen, Ansuné Rohland, Carla Saayman, Kreshenke Fourie. Hulle Grade word Donderdag , 14 April tydens die Gradeplegtigheid aan hulle oorhandig.
- Juffrou Kreshenke Fourie van Graad 6 verjaar Maandag, 18 April. Ons hoop dat haar dag en jaar gevul sal wees met God se genade, liefde en seen. Lekker verjaar Juffrou Kreshenke.