
Ons wil graag 'n opname doen oor hoeveel leerders die Colour Run (Pretstap) op Vrydag, 22 April 2022, wil bywoon by Kampus 2.
Vul asseblief die aangehegde vorm in Colour Run / Pretstap.
Dit sal ongeveer R30 per leerder wees (insluitend kleurpoeier). Ons beoog om 12:45 weg te spring en sal waarskynlik 15:00 klaar maak. Daar gaan 'n verrassing vir die deelnemers wees en daar gaan ook heerlike kerrievetkoeke (R15) en pannekoeke (R7) per bestelling verkoop word.
Dit gaan 'n prettige feesviering wees om die skool se 10 jaar verjaarsdag te vier. Jou kind sal dit nie wil misloop nie. Ouers is welkom om hul kinders langs die veld te ondersteun. Kom saam en maak kosbare herinneringe.


