Select Language Preference
Destinatus bied kleuteronderrig aan leerders in 'n omgewing met 'n sterk Christelike etos.
Ons volg die nasionale kurrikulum en standaarde en streef daarna om gehalte-onderwys te verseker.
Ons wil jong mense voortbring wat toegerus is om God se roeping na te leef.
Weens Covid 19 het ons met aanlynonderrig begin op 1 April 2020.
Volgens 'n opname wat in Mei 2020 gedoen is, was ons onder slegs 1% van die skole in SA wat op die regte pad was met die leerplan soos oorspronklik beplan en daagliks in kontak met ouers en leerders was.
Destinatus het suksesvolle aanlyn begeleide onderrig aangebied voordat die naam Desitinatus DigiEd geregistreer is en 'n nuwe opsie geword het om ons leerders op te voed.
Kwaliteit opleiding deur passievolle, ten volle opgeleide en geregistreerde onderwysers. ‘n Veilige, vriendelike en stimulerende leerervaring aan kinders aangebied deur graad- en vak-onderwysers in die klas en tuis.
Begeleiding van kinders om vir die eise van die 21ste eeu toegerus te wees en om hul Godgegewe talente en bestemde einddoel te bereik. Kwaliteit onderrig vir Pre Gr R tot Gr 7 leerders vanuit ‘n multi kulturele agtergrond. Inklusiewe onderrig in Afrikaans en Engels. Slegs 20 leerders per klas.
RO, Leerondersteuning 4 x per week vir Gr 1-3. RO, Leerondersteuning 2 x per week + Ekstra klasse 2 x per week vir Gr 4-7. Sport- en Kultuur- blootstelling en beoefening.
Kwaliteit onderrig vir Pre-Gr R tot Gr 7 leerders vanuit ‘n multi kulturele agtergrond. Inklusiewe onderrig in Afrikaans en Engels.
Aanlyn Leerondersteuning met virtuele interaktiewe kontak deur Graad- en Vak-onderwysers.
Geseënd!
Dankie dat u deel is van ons storie!
2024
Ons dank God vir elke dag se seën en genade en die krag om aan te hou hardloop saam met die perde.
Jeremia 12:5
“As voetsoldate jou moeg hardloop, hoe sal jy teen perde kan hardloop?”
Kampus 1
Tel: +27 (0)21 982 8507
Kampus 2
Tel: +27 (0)21 906 1969